NewsNews

Student deur “profeet” beroof

Die polisie ondersoek 'n saak van roof nadat 'n damestudent deur, 'n man wat homself as 'n profeet voorgegee het, beroof is.

Die polisie ondersoek ‘n saak van roof nadat ‘n damestudent deur, ‘n man wat homself as ‘n profeet voorgegee het, beroof is.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die student omstreeks 12:00 Vrydagmiddag (1 September) deur drie mans in ‘n swart Volvo voorgekeer kort nadat sy die kampus verlaat het.

“Die mans het vir rigtingaanwysings gevra, maar voordat die student kon antwoord het een van die mans haar op haar genoem waarna hy gesê het dat hy ‘n profeet is,” het Manyoba gesê.

Na ‘n geselskap het die profeet die student oortuig om haar sak met skootrekenaar en selfoon in by hulle te los om vir hom te gaan water koop. Die student het vir die profeet gaan water koop maar nadat sy terug gekeer het van die winkel af was die voertuig weg gewees met al haar besittings.

“‘n Saak van rooftog word ondersoek maar nog niemand is in hegtenis geneem nie,” het Manyoba gesê.

Sy het inwoners gemaan om nie met vreemde mense te praat nie.

CSS, Crime ad

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button