NewsNews

Twee dood in N12 ongeluk

Twee mense is vanoggend om 05:30 op die N12 sowat 4km buite Potchefstroom dood nadat hul Opel Corsa in 'n vragmotor vasgery het.

Twee mense is vanoggend om 05:30 op die N12 sowat 4km buite Potchefstroom dood nadat hul Opel Corsa in ‘n vragmotor vasgery het.

Volgens ‘n ER24 woordvoerder Annine Dormehl, lyk dit asof die ongeluk plaas gevind het toe die vragmotor besig was om oor die pad na ‘n vulstasie te ry. Toe ER24 by die toneel kom, was daar niks wat vir die man en vrou in die voertuig gedoen kon word nie.

Die plaaslike brandweer moes “jaws of life” gebruik het om die man en vrou uit die voertuig te haal. Plaaslike owerhede ondersoek tans die ongeluk.

*Lees meer in die volgende uitgawe van Potchefstroom Herald

Related Articles

Back to top button