NewsNews

Enkelma verloor alles in brand

Veronderstel dat Kersfees om die draai is, dat jy uitsien om bietjie tyd saam met jou drie kinders te spandeer omdat jy as enkelma so hard werk om die pot aan die kook te hou.

Veronderstel dat Kersfees om die draai is, dat jy uitsien om bietjie tyd saam met jou drie kinders te spandeer omdat jy as enkelma so hard werk om die pot aan die kook te hou.
Veronderstel nou dat alles waarvoor jy gewerk het in ’n oogwink verdwyn.
Dit is die situasie waarin Mandy Van den Heever is, ’n enkelouer wat alles verloor het nadat die woonstel waarin sy en haar drie kinders gewoon het, gebrand het en hulle in puin gelaat het.
Volgens haar het haar kinders haar omstreeks 04:30 wakker gemaak. “Hulle het vir my geskree dat daar vuur in hulle kamer is. Ek is baie trots op my oudste dogter wat vinnig gedink het om haar jonger boeties uit die kamer te kry. Voor ek kon dink waarmee ek die brand kon blus, het dit versprei om ons uitgang by die voordeur te blokkeer,” vertel sy.
Die familie wat op die derde verdieping woon, moes by die venster uitklim om van die brand af weg te kom.
“Daar is ’n lysie onder die venster waarop ons moes klim, toe na die volgende een om uiteindelik op ons buurman se balkon te kom,” vertel sy.
Terwyl die vier op die lysie gestaan het, het die vensters in die kinders se kamer begin bars.
“Dit het so vinnig gebeur al waaraan ek gedink het is om my kinders uit die huis te kry. Dit kon soveel erger gewees het,” vertel sy.
Die brandweer het kort daarna opgedaag en die brand onder bedwang gebring. Daar word vermoed dat die brand deur ’n kortsluiting veroorsaak is, hoewel ’n brandverslag eers voltooi moet word. Intussen het Van den Heever en haar familie alles verloor. Potch Pay It Forward het reeds begin om die familie by te staan met basiese benodighede.
“Ek kan nie glo dat daar nog mense in vandag se tyd is met sulke goeie harte nie. Potch Badkamer winkel het tot dusver ook baie gehelp met alles,” vertel sy.
Die familie het steeds nie ’n vaste blyplek nie. Hulle wissel af tussen gastehuise op die oomblik. “Dit is baie moeilik as enkelouer. Ek het my dood gewerk om alles bymekaar te maak, ek was baie trots op hoe ver ons gekom het, nou is alles weg,” het sy gesê. Volgens Johann Smal van Potch Pay It Forward, kan alle skenkings wat aan die familie gegee wil word by Mooirivier Beskerming se kantoor afgelaai word. Mense wat kontantskenkings wil maak, kan dit in Potch Pay It Forward se rekening inbetaal.
Rekeningnaam: Run to live, Nedbank, tjekrekening nommer: 102 078 0223, takkode 198765. “As verwysing kan ‘Walter Sisulu’ gebruik word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button