NewsNews

Roof en verkragting skok

'n Huis in Bailliepark is gisteroggend (24 November) omstreeks 02:00 beroof. Een van die slagoffers van die roof, 'n 18- jarige vrou is tydens die rooftog verkrag.

‘n Huis in Bailliepark is gisteroggend (24 November) omstreeks 02:00 beroof. Een van die slagoffers van die roof, ‘n 18- jarige vrou is tydens die rooftog verkrag.

Volgens Brig. Sabata Mokgwabone het twee jong vroue en ‘n man  by die huis aangekom waarna hulle deur vier gewapende verdagtes oorval is. Twee van die verdagtes het glo vuurwapens gehad en die ander twee het messe gehad. Die drie slagoffers is in die huis ingevat waar hulle vasgebind is.

“Die verdagtes het die huis geplunder waarna een van die verdagtes ‘n 18-jarige vrou verkrag het,” het Mokgwabone gesê.

Die verdagtes het in die slagoffers se voertuig gevlug. Die polisie ondersoek sake van huisroof en verkragting. Daar is nog niemand in hegtenis geneem nie.

Twee ander geweldadige rooftogte het oor die afgelope naweek plaasgevind.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is ’n vrou Vrydagaand omstreeks 21:00 in Steve Biko-straat beroof. Die vrou het glo die winkel waar sy werk gesluit en saam met die sekuriteitswag na haar woonstel gestap. Die wag het haar voor haar woonstel verlaat. Volgens Manyoba, het twee verdagtes die vrou in die deurloop voor haar woonstel voorgekeer.
“Hulle het haar gegryp en haar in die woonstel gedwing waar hulle haar hande en voete vasgemaak het,” vertel Manyoba.
Sy is van kontant en sleutels beroof. Die vrou kon nie die rowers se gesigte sien nie, maar het glo een van hulle se stem erken. Hy het haar ook op die naam genoem. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.
In ’n ander voorval Saterdagaand omstreeks 21:00 het ’n man by sy huis in Bloemstraat aangekom waar hy deur drie gewapende verdagtes binne sy motorhuis oorval is.
“Die verdagtes het hom gedreig en lappe in sy mond gedruk. Hulle het hom na sy slaapkamer geneem waar hulle hom van kontant en sy selfoon beroof het.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button