NewsNews

Vrou op kleinhoewe verkrag

‘n Vrou is Saterdagaand omstreeks 20:30 op die Wilgeboom kleinhoewes in haar huis verkrag.

‘n Vrou is Saterdagaand omstreeks 20:30 op die Wilgeboom kleinhoewes in haar huis verkrag.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die vrou glo by haar huis besig om aandete te maak toe ’n man, wat aan die vrou bekend is, die huis ingebars het.
Hy het haar teen die grond gegooi, waarna sy ’n kopbesering opgedoen het, het Manyoba gesê.
Terwyl die vrou op die grond gelê het het die ’n skêr gebruik om haar klere en onderklere af te sny. Volgens Manyoba is die vrou verskeie kere verkrag.
Sy kan self nie onthou hoeveel keer nie.
Die man het daarna die toneel verlaat. Die vrou het die polisie geskakel en ’n naam aan hulle gegee.
Niemand is in hegtenis geneem nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button