NewsNews

Oud-Gimmie sterf in Viëtnam – familie soek sy liggaam

Oud-Gimmie en oud-Puk Colin Wheeler (24), wat Dinsdagaand in Viëtnam oorlede is, se gesin hoop om sy liggaam in Suid-Afrika terug te kry sodat hulle hom kan begrawe.

Oud-Gimmie en oud-Puk Colin Wheeler (24), wat Dinsdagaand in Viëtnam oorlede is, se gesin hoop om sy liggaam in Suid-Afrika terug te kry sodat hulle hom kan begrawe.
Colin is Dinsdagaand in ‘n Viëtnamese hospitaal oorlede aan orgaanversaking nadat hy sowat ‘n week in die intensiewe sorgeenheid was behandeling vir wat moontlik malaria kan wees.
Volgens Colin se broer, André, moet die gesin eers $25 000 se hospitaalrekeninge betaal voordat hulle sy broer se liggaam kan terugbring Suid-Afrika toe. Hulle egter nie soveel geld nie.

Colin se gesin moet $25 000 insamel voor hulle sy liggaam kan terugkry om hier in Suid-Afrika te begrawe.
Colin se gesin moet $25 000 insamel voor hulle sy liggaam kan terugkry om hier in Suid-Afrika te begrawe.

Colin het pas ’n graad in B.Com Bemarking en Internasionale Handel voltooi en toe besluit hy wil gaan skoolgee in Viëtnam. Hy het in Augustus daarheen verhuis.
“Almal wat hom ontmoet het was lief vir hom, hy was ‘n baie aangename mens,” sê André. “Hy het altyd in tyd van nood of kommer gesê: ‘ag dis fine’, ‘moenie worry nie’ en ‘dis deel van die lewe’.”
André versoek dat enigiemand wat skenkings wil gee om Colin se liggaam hier te kry hom kan skakel by 072 665 4113 of Andria Nortje by 083 945 9429.
Colin word oorleef deur sy broer André, suster Erika, pa André en ma Erika.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button