NewsNews

Organe word geskenk na ongeluk

Sumaré Prinsloo (19), ’n eerstejaar B.Com. student aan die NWU wat op 11 Julie in ’n motorongeluk was, is Saterdag breindood verklaar. Sumaré se ouers het besluit om sewe van haar organe te skenk.

Sumaré Prinsloo (19), ’n eerstejaar B.Com. student aan die NWU wat op 11 Julie in ’n motorongeluk was, is Saterdag breindood verklaar. Sumaré se ouers het besluit om sewe van haar organe te skenk.
Dié inwoner van Klawerhof dameskoshuis is tot op datum die vyfde student van die NWU Pukke wat in ‘n maand se tyd sterf.
Sumaré wat van Mosselbaai afkomstig is, is deur haar alma mater, waar sy hoofdogter was in 2014, Hoërskool Punt, vereer deur wit ballonne en blomme op die matriektrappe te plaas.
Boodskappe van troos het via Facebook ingestroom na haar dood.
“Sumi dit is donker en stil … Die werklikheid sink nou stadig .. Dankie Liewe Heer dat ek deel kon wees van die prag kind se lewe, dankie dat U haar vir ons geleen het en dat ons so baie uit haar lewe kon leer … Wees asb. saam met mamma, pappa en sussie vanaand, maak hulle rustig, maak hulle harte stil asb. Heer …. Amen,” het Mia Groenewald geskryf.
“Sumi was ‘n engel op aarde ook… sy het soveel mense in haar kort lewe aangeraak….” het Anita Knottenbelt geskryf.
Sumaré was ’n oud-lid van die Suid-Kaap Kinderkoor, wie ook haar nagedagtenis geëer het.
Vier ander NWU Puk studente is die afgelope maand ook oorlede. Bianca Page (20), ’n tweedejaar student in aptekerswese, is op 6 Julie ook in ’n motorongeluk dood.
Carli Huyser (19) is op 1 Julie saam met haar sussie ook in ’n motorongeluk dood. Dit kort nadat Carli se kamermaat, Leana Labuschagne (19) aan breinvliesonsteking dood is. Karlien Trollip, ’n inwoner van Kasteel dameskoshuis is vroeg in Julie ook dood.

 

Related Articles

Back to top button