NewsNews

Betogers maak amok op N12

'n Busdrywer is glo forseer om sy bus oor die pad te stop en een persoon het verongeluk.

Betogers het vanoggend (4 Mei) omstreeks 05:40 klippe oor die N12 oppad na Klerksdorp gepak en verkeer erg ontwrig.  Hulle het ook bande op die pad gebrand. 

Die bestuurder van ‘n voertuig wat die klippe te laat gesien het het van die groot klippe getref en van die pad af gery.

Die voertuig wat die klippe in die pad getref het
Die voertuig wat die klippe in die pad getref het

‘n Busdrywer is na bewering ook gedwing om met sy bus dwars oor die pad stil te hou om die pad te versper.

Die betogers het glo die bus se sleutels daarna by hom afgeneem. Kort nadat die polisie en verkeersbeamptes op die toneel opgedaag het het die betogers uitmekaar gespat. Die bus is deur ‘n insleepdiens van die pad gesleep.

Die brandweer het die brandende bande geblus en van die pad verwyder. Teen 08:00 was die pad veilig vir gebruik. 

Daar word vermoed dat die betoging glo verband hou met die beplande optog na die PUK later vandag. 

Related Articles

Back to top button