‘n 45-jarige ma en haar 18-jarige seun is in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem na ‘n botsing op die hoek van Govan Mbeki- en Nelson Mandela-rylaan
Die botsing het vandag (19 April) omstreeks 12:30 plaasgevind, die nooddienste het vinnig reageer, met die hele toneel wat binne ‘n uur afgehandel is. Die ma en haar seun was vasgevang in die voertuig en moes uitgesny word.
ER24 moes die ma, wat verskeie frakture opgedoen het, per helikopter Milpark hospitaal toe vervoer. Haar 18 jarige-seun is ook in ‘n kritieke toestand Mediclinic Potchefstroom toe geneem. Netcare 911 het die bestuurder van die ander voertuig na Mediclinic Potchefstroom vervoer om behandeling te ontvang vir haar ernstige beserings
ER24, Tlokwe Brandweer, SAPD asook die Tlokwe verkeersdepartement was op die toneel. Die oorsaak van die botsing is nog onbekend maar word ondersoek.
Soortgelyke Stories
Talle beseer in ongeluk voor hospitaal
Drie studente sterf in ongeluk
Student (20) sterf in gru- ongeluk