Local newsNewsNews

Drie polisielede sterf en een beseer in motorongeluk op N12

Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die bestuurder van die polisievoertuig glo beheer verloor om 'n draai ongeveer 10km buite Potch op die N12.

Drie polisielede is dood en een beseer na hul polisievoertuig gistermiddag (Dinsdag, 6 Junie) omstreeks 16:30 op die N12 in die rigting van Fochville gerol het.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die bestuurder van die polisievoertuig glo beheer verloor om ‘n skerp draai ongeveer 10km buite Potch op die N12.

“Die gemerkte polisievoertuig het in die veld ingerol. Daar is drie polisielede op die toneel oorlede en een lid is met ernstige beserings hospitaal toe. Die polisielede is nie van Noordwes nie, maar van Gauteng,” het Myburgh gister bevestig.

ER24, Mooirivier Beskerming First Responder en die SAPD was ook op die ongelukstoneel.

Sy noem dat die identiteite van die polisielede nog nie bekend is nie, aangesien die families nog in kennis gestel moet word.

“Die polisiebestuur spreek hul innige meegevoel uit teenoor die lede se familie en kollegas,” het Myburgh verder gestaaf.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button