NewsNews

Student verkrag; Hou nog sake verband?

’n 20-jarige student is op 24 Februarie omstreeks 04:30 by die Trimpark verkrag deur ’n man wat hom as ‘n polisiebeampte voorgedoen het.

’n 20-jarige student is op 24 Februarie omstreeks 04:30 by die Trimpark verkrag deur ’n man wat hom as ‘n polisiebeampte voorgedoen het.
Dit is reeds die derde voorval waaroor die Herald berig, waar ’n man wat homself as ’n polisiebeampte voordoen, jong vroue in hul motors voorkeer en dan vir hulle sê hy is van die polisie. Hy beweer dan dat hulle onder die invloed van alkohol bestuur.
Hy wen die vroue se vertroue deur eers vir hulle te sê dat hy hulle in hegtenis moet neem, maar dat hy ’n vergunning sal maak.
Omdat dit volgens hom gevaarlik is dat hulle bestuur, bied hy dan aan dat hy hulle by die huis sal gaan aflaai.
Die man klim dan in die vroue se voertuig of laai hulle in sy voertuig. Daarna neem hy sy slagoffers na afgeleë plekke waar hy hulle verkrag. Die modus operandi in al drie gevalle was presies dieselfde.
Daar word vermoed dat die man sy slagoffers vir ’n tydjie dophou omdat al die slagoffers eers laat in die aand geteiken word. In die eerste voorval waaroor die Herald berig het, was die meisie gelukkig om weg te kom. Sy het uit die voertuig gespring toe sy besef dat alles nie pluis is nie. Tydens die tweede voorval is die jong vrou onsedelik aangerand nadat die man haar met ’n mes gedreig het. Sy is daarna deur die verdagte na haar motor teruggeneem en daar gelos. In die jongste voorval is die student, nadat sy verkrag is, deur die man gedwing om hom terug te neem na sy motor, waarna hy gevlug het. Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, waarsku mense, veral vroue wat alleen ry, om nie sommer enige plek te stop nie. “As jy onveilig voel, ry na ’n plek waar jy veilig voel of na jou naaste polisiestasie,” sê Chaka.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button