NewsNews

Polisie waarsku teen roof

’n 32-jarige man is in sy huis op die Mooivallei hoewes beroof. Volgens kapt. Chaka, polisiewoordvoerder, was die man op 25 Februarie omstreeks 09:00 besig om te stort toe hy ’n geluid in die huis hoor. Hy het uit die stort gekom en op twee verdagtes met blou oorpakke afgekom. Een van die verdagtes het …

’n 32-jarige man is in sy huis op die Mooivallei hoewes beroof.
Volgens kapt. Chaka, polisiewoordvoerder, was die man op 25 Februarie omstreeks 09:00 besig om te stort toe hy ’n geluid in die huis hoor. Hy het uit die stort gekom en op twee verdagtes met blou oorpakke afgekom. Een van die verdagtes het ’n groot platpunt skroewedraaier in sy hand gehad.
Hy het die man met die skroewedraaier aangeval en teen die bed vasgedruk. Terwyl die een verdagte die man in die kamer gehou het, het die ander verdagte baie van die elektroniese toestelle in die huis bymekaar gemaak. Nadat die goedere in die verdagtes se voertuig in gelaai was het hulle gevlug.
Die man het dadelik sy paniek knoppie gedruk waarna Mooirivier beskerming na die toneel was. Die SAPD was ook op die toneel. Die twee verdagtes is later met die goedere gevang en in hegtenis geneem, ’n klag van huisroof word teen die verdagtes ondersoek.
Twee ander gevalle van roof het ook onlangs plaasgevind. ’n Gewapende roof wat op 26 Feb omstreeks 07:10 gebeur het asook ’n gewone roof wat op dieselfde dag omstreeks 21:00 plaasgevind het.
Die vroeër geval van die 26ste Februarie het in Rivierstraat plaas gevind. Volgens Kapt. Chaka, was ’n man oppad werk toe, toe hy twee mans voor hom gesien loop het. Net voordat hy by hulle gekom het ,het hulle omgedraai waarna een van die verdagtes ’n vuurwapen op hom gerig het.
Die ander verdagte het deur die man se sakke gevoel, hulle het hom beroof van kontant.
Die volgende geval was in Ross straat. ’n Man was oppad huis toe van ’n kroeg in die omgewing. Volgens Chaka het die man ’n hou teen sy kop gevoel. Voor hy besef het wat gebeur het het een verdagte hom teen die grond vas gedruk terwyl die ander hom deursoek. Die verdagtes het hom beroof van sy selfoon en kontant. Net voor hulle gevlug het, het hulle die man met ’n bottel in die gesig geslaan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button