NewsNews

Student sterf skielik

'n Damesstudent is vroeg Sondag oggend skielik oorlede.

‘n Damesstudent is vroeg Sondag oggend skielik oorlede.

Volgens ‘n verklaring wat deur Prof. Fika Janse van Rensburg,kampus rektor van die NWU Potchefstroom kampus, uitgestuur is het die student wat in een van die koshuise woon Saterdag middag siek geword. Die Kampus Gesondheidsorgsentrum, onder leiding van ons kampusdokter, was onmiddellik betrokke. Sy is gehospitaliseer, maar is vroeg Sondag oggend oorlede.

Volgens die dokter kan die simptome op Meningitis dui; dit is egter nog nie bevestig nie. As voorsorgmaatreël is daar reeds profilakse aan al die inwoners van die betrokke koshuis uitgedeel. Hulle word ook met berading deur gekwalifiseerde sielkundiges bygestaan.
“Ons het die nodige protokolle in plek indien dit Meningitis is, soos in die verlede al bewys, om dit te hanteer. Ook in hierdie verband vra ons kalmte en rustigheid, en weet dat ons alles menslik moontlik doen om te verseker dat elke student se welstand vooropgestel word. Ons kry swaar saam met die ouers, familie en vriende van ons student wat oorlede is. Ons was eintlik nog aan’t verwerk aan die tragiese afsterwe van Marguerite Brink, Elinda Booysen en Rachelle Stoffberg verlede week in die motorongeluk. Ons dink ook aan Jeanette Theron, wat die ongeluk oorleef het en steeds herstel, en haar familie,” het Janse van Rensburg gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button