NewsNews

Vrou in hospitaal na honde aanval

'n 47 jarige- vrou is vanoggend (25 Januarie) hospitaal toe geneem nadat sy deur drie honde aangeval is.

‘n 47 jarige- vrou is vanoggend (25 Januarie) hospitaal toe geneem nadat sy deur drie honde aangeval is.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle ‘n oproep ontvang waarna sekuriteitsbeamptes en nooddienste ontbied is. “Volgens die oproep is ‘n vrou wat werksaam is by die huis deur drie Pitbull terriërs aangeval,” het Haefele gesê.

Volgens hom het bure wat die noodkrete van die vrou gehoor het, haar te hulp gesnel. Met aankoms is daar gesien hoe die honde die vrou byt.  

Volgens Russel Meiring,woordvoerder van ER24, was een van die bure wat die beseerde vrou wou help genoodsaak om die honde te skiet nadat die honde hom glo ook wou aanval. Paws het die honde van die toneel verwyder. 

“Paramedici het omstreeks 08:26 op die toneel gekom. Die vrou is by die voordeur binne die huis aangetref. Sywas kritiek en het veelvuldige bytwonde oor haar lyf gehad. Sy is  op die toneel behandel waarna sy hospitaal toe geneem is vir noodbehandeling,” het Meiring gesê.  ‘n Chirurg het vir haar by die hospitaal gewag.

Die polisie was ook op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button