Waar presies is die Vredefortkoepel Erfenisgebied?

Het jy al die natuurprag van die Vredefort Koepel beleef?

Slegs ‘n klein gedeelte van die Vredefortkoepel langs die Vaalrivier (tussen die Parys-Potchefstroom en Vredefort-Potchefstroom paaie) is as erfenisgebied verklaar alhoewel tekens van die impak oor ‘n baie groter gebied waargeneem kan word.

Omdat hierdie ‘n bewaringsgebied is, moet inwoners vir spesiale toestemming aansoek doen om enige nuwe huise, paaie of heinings op te rig.

Die bykans ongelooflike geologiese wonder

Vandag kan ons sien hoe die rotsformasies van die Vredefortkoepel duidelik in kringe sigbaar is. Die oudste rotse wat diep onder die aardkors begrawe was voor die impak, word in die middel gevind.

Dit is meestal graniet-gneis wat meer as 3 000 miljoen jaar oud is. Beide die dorpe van Parys en Vredefort is gebou op hierdie gneis, en die rots is dan ook in verskeie kwaries gemyn.

Die bergagtige gebied rondom Vredefort bestaan uit harde wit kwartsiet, met die valleie tussen-in, uit sagter skalie
Naby Venterskroon is goud op ‘n klein skaal uit dun rotslae ontgin.

Nader aan Potchefstroom en Fochville lê sagter lae lawa en dolomiet wat meer eweredige terrein vorm.

Al hierdie rotstipes wat baie skuins afhel vorm deel van die Vredefortkoepel, maar verder suid word dit bedek met horisontale skalie lae wat gevorm is lank na die impak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button