Verdwaalde trok kry nie sy draai

Verkeersbeamptes is op die toneel en word verkeer net voor die ongelukstoneel herlei. Gebruik asseblief alternatiewe roetes waar moontlik

‘n Vragmotor van Triple T Transport met ‘n groot vrag herwinbare materiaal het vanoggend na 05:00  by die draai in Waterstraat by Welkom-kafee omgeslaan. Opruimingswerk op die toneel word tans gedoen voordat die vragmotor uit die pad verwyder kan word.

Die vragmotorbestuurder is nie in die ongeluk beseer nie en geen ander voertuie was betrokke nie.

Volgens die vragmotorbestuurder het hy van Kroonstad af gekom en moes die vrag in Parys se nywerheidsgebied by ‘n herwinningsonderneming aflaai. Hy het egter verdwaal en toe in Waterstraat beland waar hy nie sy draai in die draai kon kry nie.

 

Exit mobile version