Daar kom dalk nog bietjie pomp-genade

Die nuwe brandstofpryse moet op 4 September in werking tree.

Voorlopige aanduidings is dat motoriste na alle waarskynlikheid nog ‘n paar rand ekstra in die sak sal hê wanneer die nuwe brandstofpryse vir September aangekondig word.

Die voorspelling is dat petrol- en dieselpryse moontlik verlaag sal word in September wat dan kan beteken dat dit die vierde maand sal wees dat motoriste ‘n blaaskans kry met verlaging van die petrolprys.

Finale brandstofpryse moet nog aangekondig word.

Exit mobile version