Jong Heilbron-boer sterf kort voor sy verjaardag

Ons opregte medelye met die familie

‘n Ouerpaar van Heilbron het Sondag hul jongste kind aan die dood moes afstaan. Die 27-jarige Wihann Naudé wat in die Heilbron-distrik geboer het, het Sondag, 5 November) in  die vroeë oggendure tragies in ‘n motorongeluk op die R57 tussen Sasolburg en Heilbron gesterf. Hy is op die toneel oorlede.

Wihann sou op 21 November sy 28ste verjaardag gevier het.

Wihann word oorleef deur sy pa, Clary, ma Zelna en suster Marica du Preez.

Die begrafnisdiens van Wihann is Vrydag10 November vanuit die AP Kerk in Heilbron.

Gazette het vroeër ook berig van nog ‘n tragiese ongeluk Sondag in die oggendure net buite Oranjeville waartydens drie persone gesterf het toe die Toyota HIlux bakkie waarmee hulle gery het, op die Magrieta Prinsloo-brug net buite Oranjeville, die pad verlaat en in die Wilgerrivier beland het.

Die drie insittendes was van Harrismith, en was onderweg terug na ‘n sokkerwedstryd. Hulle het van Frankfort in die rigting van Oranjeville gery toe die ongeluk gebeur het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button