Bloednood kritiek

Jy kan vandag 'n verskil in iemand se lewe maak

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk vandag Donderdag, 28 September by die Hervormde Kerksaal, (h/v Loop & Paulsenatraat) Parys vanaf 13:00 tot 19:00.
September is tradisioneel ʼn moeilike tydperk vir SANBS, weens die rekordeksamens en skoolvakansie wat voorlê.  Bloedvoorraad is reeds kritiek laag.
Help die Bloeddiens om 50 eenhede bloed in Parys in te samel wat honderde lewens kan red.

Related Articles

Back to top button