Vier jou erfenis met pretdag by Udolpho

Kom vier jou herkoms met 'n dag op die Udolpho Kultuurplaas wat beloof om pret vir die hele gesin te bied, en baie vir die kleingoed om te doen. 

Vir dae is die Voortrekker-laer onrustig. Daar word beweging gesien in die veld. Verskeie Matabele-verspieders word opgemerk. Vir ingeval word takke nader gesleep aan die laer. DIt help sommer ook teen roofdiere en kan gebruik word om ‘n aanval af te weer.

Die spanning bou op. Die Matabele-krygers is gedug, en is al ‘n paar jaar besig met die mfecane (uitdelgingstrooptogte). Die vroue en kinders moet beskerm word.

Lewensgetrou aan dié gebeure van destyds word ‘n skynaanval  Saterdag 30 September op die Udolpho Kultuurplaas net buite Parys gehou.

‘n Voortrekkerdag waar voorlaaier en kanonne waarmee die laaste dag van Erfenismaand op unieke wyse gevier sal word.

Benewens die skynaanval is daar ook kans om jou vernuf met die kleilat te wys, ‘n wapenverameling te sien, en lafenis te soek by die biertuin en stalletjies met egte boerekos. Op die koop toe is daar die lekkerste koffie met ‘n bietjie skop.

Kom vier jou herkoms met ‘n dag op die Udolpho Kultuurplaas wat beloof om pret vir die hele gesin te bied, en baie vir die kleingoed om te doen.

Die verrigtinge begin om 11:00 met ‘n opening en verwelkoming, gevolg deur die skyngeveg en lekker kuier.
Die koste is R100 per voertuig.

Vir meer inligting oor die dag skakel Jan-Danie Malan by 082 965 7002, of skakel (056) 818 1197 of 071 606 5045.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button