Sport

Tuimelaars blink uit

Tien tuimelaars van Parys Gimnastiekklub het gekwalifiseer vir provinsiale kleure en deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

 

Die vlak 1 tot 3 gimnaste het reeds op 2 September aan hul Junior SA’s deelgeneem waar Anlé Beukes as algehele wenner gekroon is vir vlak 1 Tuimel, met die hoogste gemiddelde punt.

Carolien van der Westhuizen, ‘n graad R-leerder, sowel as Isabella van der Westhuizen het albei goud gekry, terwyl Emile Kotze en Nicola Kotze silwermedaljes verower het.

Hierdie vyf gimnaste is nou deel van die Sentraal Gauteng-span en het hul Junior provinsiale kleure ontvang.
Dané Engelbrecht, Marizan Engelbrecht en Zuané Engelbrecht verwerf volle provinsiale kleure en sal op 30 September aan die SA kampioenskappe deelneem.

Twee leerders van Parys Primêr, Emma Walsh en Jaydan Brazao is ook ingesluit in die SA span, albei met ‘n silwermedalje vir vlak 4 Tuimel. Hulle sal ook op 30 September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Pretoria deelneem. Emma begin tans met vlak 5 tuimel (pre-junior.)

Emma Welsh in aksie. Foto: Marais Nell

Díe gimnaste word afgerig deur Annemi Beukes, ‘n voormalige artistiese, tuimel en tram-polien gimnas, met die hulp van Hentie Louw, ‘n voormalige junior trampolien en tuimel gimnas. Parys Gimnastiekklub is sewe jaar gelede gestig as ‘n trampolienklub en bied vanaf 2023 drie dissiplines aan.

Tuimelaars van Parys Gimnastiekklub het gekwalifiseer vir provinsiale kleure en deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Foto: Marais Nell

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button