Eerste Noordvaal-finaal vir Parys na agtien jaar

Parys hou styf duim vas vir julle vir Saterdag se wedstryd!

Hoërskool Parys se 0.15 rugbyspan speel die naweek (Saterdag 19 Augustus) in die finaal van die Noordvaal-reeks teen Allen Glen in Johannesburg. Dit is die eerste keer in 18 jaar dat Parys weer in die finaal speel.

Die laaste keer was in 2005 toe die eerste span in die finaal gelykop gespeel het teen die span van Vryburg.

Saterdag se wedstryd skop af om 10:10.

Die Parys-seuns wat Saterdag op die veld sal draf is Julio de Ponte, Maibongwe Nkalatya, Dewald van Schalkwyk, Kyle Kruger, Pieter Joubert, Nico Rust, Xander Pretorius, Franco Pretorius, Nicholas Carter, Durandt Fouche, AC Lewis, Henk Small, Heinrich van Niekerk, Jandré van Heerden, Caleb Butler, Ncheka Ncheka, Rikus Potgieter, Leemisa Kutoane, Heinrich NortjeKevin Makgoe, Dregan Brink, Ethan Litchfield en Matthew Litchfield. Die spanafrigters is Wiehan Viljoen en Roan de Milander.

Foto’s: Hilda Fouche.

Die span het die afgelope naweek ‘n skitterende oorwinning oor HTS Klerksdorp behaal met ‘n telling van 27-10.

Related Articles

Back to top button