Promosie-artikel: Du Toit, Butler & Olckers – Nuwe firma, dieselfde waardes, uitmuntende diens

"Ons sien uit na die geleenthede wat in hierdie nuwe seisoen op ons wag. Vertrou Du Toit, Butler & Olckers vir uitmuntende diens terwyl ons, ons doel ten volle uitleef – om 'n verskil in die regsprofessie én die gemeenskap te maak!"

Die prokureursfirma voorheen bekend as Du Toit Mandelstam Inc. is op 1 Augustus bekendgestel as die nuwe Du Toit, Butler & Olckers Inc. ‘n Opwindende nuwe hoofstuk in die geskiedenis van hierdie firma met Conrad Butler en Shanelle Olckers as direkteure aan die stuur van die firma.

Dié radikale verandering beloof om ‘n vars perspektief, nuwe energie en optimale dienslewering aan kliënte te bied.
Daarmee saam kan kliënte verseker wees dat hul steeds kan staatmaak op dieselfde waardes waaraan die firma wat al jare deel is van die gemeenskap, nog altyd geken is.

Du Toit, Butler & Olckers Inc. het ‘n passie vir deurlopende groei en innovering.

“Ons prioritiseer die lewering van wêreldklas diens, regsadvies en oplossings wat die unieke, dinamiese behoeftes van elke kliënt aanspreek,” sê die firma.

“As deel van die Phatshoane Henney Groep, is dit ‘n voorreg om met ‘n uitstekende netwerk van dinamiese en prominente regsfirmas regoor SA geassosieer te word.”

“Hierdie affiliasie versterk ons kapasiteit en vermoë om uitsonderlike diens aan ons kliënte te kan lewer, met toegang tot waardevolle ondersteuningsdienste, strategiese vennootskappe en potensiaalvervulde besigheidsgeleenthede.”

“Ons nooi u vriendelik uit om ons nuwe webtuiste te besoek, en die nuwe gesig van ons betroubare dienste te verken. Ons kundige prokureurs hanteer alles van oordragte tot boedels; huweliksvoorwaarde-kontrakte tot notariële dienste, terwyl die kliënt se welstand regdeur vooropgestel word. Met groot ywer en uiterste presisie kan ons u regskwessies suksesvol en effektief bestuur.”

“Ons sien uit na die geleenthede wat in hierdie nuwe seisoen op ons wag. Vertrou Du Toit, Butler & Olckers vir uitmuntende diens terwyl ons, ons doel ten volle uitleef – om ‘n verskil in die regsprofessie én die gemeenskap te maak!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button