Sport

JW blink uit by Amerikaanse gholftoernooie

JW is genooi om aan dié toernooie deel te neem op grond van sy prestasies op die gholfbaan die afgelope seisoen.

Die 6-jarige JW Fourie van Parys is terug van Amerika waar dié jong knapie die afgelope vakansie aan twee Amerikaanse gholftoernooie deelgeneem het. By die Pepsi Little People’s gholftoernooi wat 20 en 21 Junie gespeel is, het JW geskitter met ‘n vierde plek in sy ouderdomsgroep.

Boonop het hy ook ‘n eerste prys gewen vir die speler met die verste dryf, en het hy die prys vir die beste setwerk gewen.

By die State Farm Youth Classic het JW op 26 en 27 Junie ‘n algeheel agtste plek verwerf, en ‘n eerste plek in die kortspel kompetisie vir sy ouderdomsgroep.

 

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button