Sport

Valke-finaal dié naweek vir Parys se o.15’s

Parys hou duim vas vir julle

Hoërskool Parys se o.15-rugbyspan speel Saterdag, 22 Junie om 10:00 teen HTS Carel de Wet in die Valke Hoërskole rugbyliga finaal op Hoërskool Stoffberg (Brakpan) se rugbyvelde.

Die span wat Saterdag sal uitdraf is Julio de Ponte, Maibongwe Nkalatya, Dewald van Schalkwyk, Kyle Kruger, Pieter Joubert, Nico Rust, Xander Pretorius, Franco Pretorius, Nicholas Carter, Durandt Fouche, AC Lewis, Henk Small, Heinrich van Niekerk, Jandre van Heerden, Caleb Butler, Ncheka Ncheka, Rikus Potgieter, Leemisa Kutoane, Heinrich Nortje, Bonang Moshala, Dregan Brink, Ethan Litchfield en Matthew Litchfield. Die span word afgerig deur mnr. Wiehan Viljoen.

Hoërskool Parys se o.16 en eerste rugbyspanne het vroeër vanjaar tot by die semi-finaal van die Valke-liga gevorder, waar Parys se o.16’s die knie moes buig voor Belvedere, en die eerste span hul wedstryd teen HTS Carel de Wet verloor het.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button