Sport

Taai stryd om die wenposisies in Smithfield en Reddersburg kragmeting

Verlede naweek was die laaste van kortpad vlieg vir lede van die Legends Piegeon Club met die Smithfield-vlugte wat nou afgehandel is.

In die Jaaroud-vlug het Sys van Rooyen se duiwe die naweek met die wenposisie gespog.
Die Jaaroud-vlug uitslae het so gelyk:
Sys van Rooyen-hokke – 1ste, 5de, 7de, 8ste, 22ste, 27ste
Maree-hokke- 6de, 9de,12de, 13de, 14de, 15de, 18de, 21ste, 28ste, 29ste, 30ste
Johan Aspeling – 2de, 3de, 4de, 10de, 11de, 16de, 17de, 19de, 20ste, 23ste, 24ste
Martin Pieterse – 25ste
Jordaan-hokke – 26ste

Die Ope-vlug is gewen deur Maree-hokke, maar was Sys van Rooyen-hokke, nie ver agter nie, en het die tweede posisie ingeneem.
Vluguitslae het so gelyk:
Johan Aspling – 3de, 9de, 13de, 15de, 17de, 19de, 21ste, 24ste, 28ste, 30ste
Maree-hokke – 4de, 6de, 10de, 11de, 12de, 14de, 20ste, 22ste
Sys van Rooyen-hokke – 5de, 7de, 8ste, 16de, 18de, 23ste, 25st, 26ste, 27ste, 29ste

Die vorige naweek het Sys van Rooyen-hokke se duiwe nie net die wenplek losgevlieg in die Reddersburg 3 Jaaroud-vlug nie, maar ook die tweede en derde posisies verower.
Die res van die vlug-uitslae het so gelyk:
Maree-hokke – 4de, 6de, 9de, 11de, 13de, 16de, 18de, 19de, 22ste, 27ste
Johan Aspeling – 5de, 7de,14de, 20ste, 25ste, 26ste
Sys van Rooeyn-hokke – 8ste, 10de, 12de, 15de, 23ste, 28ste, 29ste
Jordaan-hokke – 17de
Martin Pieterse – 21ste, 24ste, 30ste

In die Reddersburg 4 Ope het Johan Aspeling en Maree-hokke se duiwe vlerke geklap om die wenplek, en was dit uiteindelik Aspeling se duiwe wat die eerste en tweede plekke gevat het, gevolg deur Maree-hokke se duiwe in die derde, vierde en vyfde plekke.
Dit was egter duidelik dat Aspeling-hokke die vlug oorheers het.
So het die res van die uitslae gelyk:
Sys van Rooyen –hokke – 6de, 12de, 14de, 16de, 22ste, 24ste,27ste
Johan Aspeling – 7de, 10de, 17de, 18de, 19de, 20ste,21ste, 23ste, 25st, 26ste, 29ste
Maree-hokke – 8ste, 9de, 13de, 15de, 28ste Jordaan-hokke – 11de en 30ste

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button