Pa en dogter pak saam Fauresmith-uitdaging aan

Vanjaar was die 48ste jaar wat die Fauresmith Nasionale Uithourit aangebied is.

‘n Pa en dogter van Parys, Jaco en Karisa Nortman, het verlede week (4-6 Julie) saam die uitdagende Fauresmith Nasionale Uithourit-kampioenskap aangepak. Vir die 14-jarige Karisa was dit die tweede jaar agtereenvolgens wat sy in die kleure van die Noordwes-provinsie gery het.

Hoewel sy nie die rit kon voltooi nie, het beide pa en dogter uitstekend gevaar. Karisa se perd, JNM Invictus, het op die 180 km merk met slegs 26 km van die rit nog oor, nie die laaste veearts kontrolepunt geslaag nie.

Die kontrolepunte vorm ‘n belangrike aspek van die rit om die perde se welstand
tydens die rit te monitor. Vir baie ruiters lĆŖ die grootste uitdaging, maar ook teleurstelling van Fauresmith, juis hierin met net 43% van die deelnemers wat vanjaar die rit kon voltooi, verduidelik Karisa se ma, Minette,
wat self al verskeie Fauresmith-uithouritte voltooi het.

Jaco het vanjaar op Minette se perd, JNM Thee Avalanche deelgeneem, en was dit diƩ
perd se vyfde suksesvolle Fauresmith-deelname. Vir Jaco was dit sy 15de deelname waarvan hy tien uithouritte suksesvol kon voltooi.

Met die rit moet ruiters die 206 km oor drie dae voltooi. Vanjaar is geweldige eise weer aan ruiter en perd gestel met die baan wat baie klipperig en ongelyk was as gevolg van verspoelings weens die hoƫ reƫnvalsyfer
die afgelope jaar in diƩ streek. Boonop is Fauresmith bekend vir sy minus temperature wat ruiters diƩ tyd van die jaar moet trotseer.

Gelukkig was die dagtemperature warmer met min wind, maar moes daar juis fyn opgelet word na metaboliese probleme by die perde omdat hul polsslag hoĆ«r kon wees as normaal, wat hul spoed beĆÆnvloed het,
Gevolglik was die top tien ruiters se tye per kategorie verder uitmekaar as gewoonlik.

Ruiters kwalifiseer vooraf vir diĆ© uitdagende kampioenskap deur aan drie kwalifiserende 80 km uithouritte deel te neem wat hulle suksesvol moet voltooi gedurende ‘n seisoen wat strek van een Fauresmith-rit nadie volgende.

 

Related Articles

Back to top button