Atlete van die lug klap weer vlerke

Die wedvlugseisoen het pas weer begin.

Wedvlugduiwe het hul eerste vlug vir die seisoen op 3 Junie vanaf Bloemfontein gevlieg. Johan Aspeling se duiwe het gesorg vir ‘n verrassing in die wenplek, en spog ook met die vyfde, sesde, agtste, 14de, 18de, 19de, 20ste, 25ste, 26ste en 28ste posisies.
Maree-hokke het die tweede, derde, 10de, 11de, 12de, 21ste, 22ste en 24ste plekke verower. Jordaan-hokke was vierde en 27ste, en Sys van Rooyen-hokke sewende, negende, 13de, 15de, 16de, 17de, 23ste, 29ste en 30ste. Met die Jaaroud-vlug wen Sys van Rooyen se duiwe die eerste en tweede plekke, gevolg deur Johan Aspeling se duiwe in die derde plek, en Maree-hokke vierde.
Sys van Rooyen-hokke het naas die wenplek ook die vyfde, sewende, tiende, twaalfde, 22ste, 24ste en 25ste plekke ge-wen. Johan Aspeling se duiwe spog ook met die sesde, agtste, negende, elfde, 17de, 18de, 19de, 26ste en 27ste plekke.
Maree-hokke het die 13de, 14de, 16de, 20ste, 21ste, 23te, 28ste 29ste en 30ste plekke behaal. Martin Pieterse se duiwe was 15de.
Met die Toms Place Ope-vlug op 10 Junie, was dit weer Johan Aspeling se duiwe wat die voortou kon neem. Dié uitslae het so gelyk:
Johan Aspeling – 1ste, 4de, 5de, 15de, 20ste, 21ste en 28ste. Maree-hokke het behoorlik skoonskip gemaak met die 2de, 3de, 6de, 7de, 8ste, 9de, 10de, 11de, 12de, 13de, 14de, 22ste, 23ste, 24ste en 25ste plekke.
Sys van Rooyen-hokke kon ook heelwat posisies inpalm en behaal die 16de, 17de, 18de, 19de, 26ste, 27ste, 29ste en 30ste vlugposisies.
Die Toms Place Jaaroud-vlug uitslae was as volg: Maree-hokke – 1ste, 11de, 14de, 16de, 18de, 19de, 22ste en 24ste
Sys van Rooyen – 2de,4de, 5de, 6de, 7de, 17de, 21ste, 25ste, 26ste, 27ste, 28ste
Johan Aspeling- 3de, 9de, 12de, 13de, 23ste en 29ste
Jordaan-hokke – 8ste en 30ste

Martin Pieterse – 10de en 15de

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version