Parys-ruiters bring handvol rosette huis toe

Baie geluk aan hierdie ruiters

Ninette Jansen van Rensburg en Kealley Hugo het op 27, 28 en 30 April aan die eerste drie Western Mounted Games kwalifiserende uitdunne in Bethlehem deelgeneem waar hulle kon spog met uitstekende tye en plekke wat behaal is
Ninette het op Two Moons Eragon ‘n tweede plek verower, asook twee derde plekke. Sy skuif nou na vlak 3.

Kealley het op Midnight vier eerste plekke, drie tweede plekke en een derde plek behaal, asook die titel as reserwe kampioen vir die eerste kwalifiserende uitdun. Kealley skuif ook nou na die volgende vlak.

Beide ruiters is geborg deur Joy of Life Horse Ranch, Parys.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version