85-Jarige laat verspring en hoogspring rekords spat by Meester-byeenkoms

Parys-atlete skitter by Vaalrivier Meester atletiekbyeenkoms.

Die Vaalrivier Meesters atletiekbyeenkoms is op Saterdag 15 April die eerste keer deur Parys Multisport in samewerking met die Vrystaat Meesters Atletiek Federasie (FSMA) by die DP De Villiers Stadion in Sasolburg aangebied. Nie net was dit die eerste aanbieding van hierdie byeenkoms nie, maar ook die klub se eerste aanbieding van ‘n stadion atletiekbyeenkoms vir meesters atlete.

Atlete van regoor Suid-Afrika was vroegdag by die stadion vir ‘n vol atletiekprogram. Tydens die Vaalrivier-byeenkoms is vyf nuwe rekords aangeteken. Hans Miektautsch (CGA) stel  nuwe SA rekords op in beide die verspring (3.13m), en hoogspring (1.12m) vir mans 85 jaar. Burton Haupt (AGN) stel ‘n nuwe SA rekord op in die Diskus vir mans 60 jaar met ‘n afstand van 51.46m. Leilani Scheffer (AGN) stel ‘n nuwe SA rekord op in die 2000m Hindernis vir vroue 35 jaar, en Christiaan Smit (AFS) stel ‘n nuwe Vrystaat rekord op vir mans 70 jaar in Paalspring met ‘n hoogte van 1.8m.

Die dag het om 07h45 begin met ‘n skoot uit die afsetter, Me Annie Marrais, se pistool en
afgesluit met die aflosse om 17h00.

Van Parys se atlete wat deelgeneem het met hul prestasies, was: Peter Mothubi (5000m 2de), Lorette Pretorius (5000m 1ste), Wida De Klerk (5000m 1ste), Neels Koorzen (1500m 3de), Elise Duvenhage (1500m 2de), Eddie Bronkhorst (200m 2de), Reandi Bronkhorst (100m 1ste, 200m 1ste) en Pierre Fourie (100m 2de, 200m 2de).

Die suksesvolle aanbieding van die Vaalrivier Meesters atletiekbyeenkoms was moontlik gemaak danksy die ondersteuning van borge, donasies van atlete en ondersteuners, en bykans 60 vrywilligers en beamptes. Parys Multisport bedank elke persoon en onderneming wat betrokke was by die aanbieding van hierdie byeenkoms, en sien uit daarna om dit weer aan te bied volgende jaar.

Hierdie byeenkoms bied die perfekte geleentheid vir nuwe atlete om deel te neem aan atletiek, maar is ook ‘n geleentheid ter voorbereiding vir die nasionale kampioenskappe.
Die SAMA nasionale kampioenskappe vind plaas op 6 Mei by Groenpunt-stadion in Kaapstad, en drie meesters atlete van Parys gaan daar wees in die kleure van die Vrystaat. Die atlete is Eddie Bronkhorst (200m), Pierre Fourie (100m en 200m), en Reandi Bronkhorst (100m en 200m).

Eddie Bronkhorst tydens sy deelname aan die Vaalrivier Meesters Atletiekbyeenkoms. Foto: Dricky Gouws en Chris Gouws (Dricky’s Pics).
Parysenaar Pierre Fourie in aksie by die Vaalrivier Meesters atletiekbyeenkoms. Foto: Dricky Gouws en Chris Gouws (Dricky’s Pics).

Meesters atletiek is toegespits op atlete wat 30 jaar en ouer is, en word op internasionale vlak herken vanaf 35 jaar en ouer.

Vir die baan en veld is daar al die items waarmee meeste bekend is, sowel as addisionele items soos Griekse Diskus en Gewiggooi. Skakel Parys Multisport by (056)-817 1465 of stuur e-pos na info@parysmultisport.co.za vir meer inligting oor meesters atletiek en hoe om daarby betrokke te raak as jy sou belangstel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button