Sport

Skitter prestasies vir Parys by SA swemgala

Baie geluk aan hierdie swemmers

Skitterende prestasies is van 2 tot 5 Maart behaal deur drie swemmers van Hoërskool Parys wat aan ‘n SA vlak 2-gala in Bloemfontein deelgeneem het.
Zandré van Riet was 1ste in die 200m en 100m borsslag, 3de in die 50m bors-slag en 4de in die 50m kruipslag, 100m kruipslag en 200m kruipslag items. Henk Small eindig 2de in die 50m kruipslag, sowel as die 100m borsslag, en behaal ‘n derde plek in die 50m borsslag, en ‘n 4de plek in die 100m kruipslag.
Hy verwerf ook ‘n 5de plek vir 200m kruipslag, 6de in die 200m IM, 7de in die 50m vlinderslag en 8ste plek in die 50m rugslag. Xander Pretorius eindig 2de in die 50m vlinderslag, 3de 50m kruipslag, 4de 200m IM en 50m rugslag, 5de in die 200m borsslag, 6de in die 100m en 200m kruipslag, en 7de in die 100m en 50m borsslag.
Swemmers in die top 3 plekke in elke item het medaljes verower.

Van links is Henk Small, Xander Pretorius en Zandré van Riet, wat uitstekend presteer het by die SA Vlak 2 swemgala in Bloemfontein.

Related Articles

Back to top button