Nou is dit 7 vir Kaylyn

Nog 6 A's vir Hoërskool Parys na hermerk

Hoërskool Parys spog met nog 6 vakonderskeidings na die hermerk van die eindeksamen vraestelle van die skool se matrikulante van  2022.

En dit is nie al nie! Kaylyn Vertenten is nou die skool se toppresteerder met 7 vakonderskeidings nadat sy nog ‘n A-simbool bygekry het vir Afrikaans Huistaal.  Sy spog dus nou met onderskeidings in Engels Eerste Addisionele Taal, Fisiese Wetenskappe, Lewensoriëntering, Rekeningskunde, Lewenswetenskappe, Wiskunde en Afrikaans Huistaal.

Kaylyn Vertenten

Chané Eykelhof wat reeds ‘n onderskeiding vir Lewensoriëtering gehad het, het nou ook onderskeidings vir Engels Eerste Addisionele Taal en Toerisme.

Chantell de Lange wat ‘n onderskeiding in Lewensoriëntering gehad het, het twee onderskeidings bygekry vir Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal onderskeidelik.

Hes-Mari van der Merwe wat onderskeidings in Lewensoriëntering en Toerisme gehad het, het ‘n onderskeiding bygekry vir Engels Eerste Addisionele Taal.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button