R57 weer oop na opruiming lei tot tweede botsing

Die R57 tussen Heilbron en Petrus Steyn is net na 15:00 vanmiddag weer oopgemaak vir verkeer, na ‘n tweede botsing vanoggend hier plaasgevind het terwyl opruimingswerk nog gedoen is van ‘n grusame botsingstoneel wat gister op dié pad gebeur het. Die eerste botsing was Dinsdagmiddag omstreek 17:00 toe die band van ‘n vragmotor  van ‘n …

Die R57 tussen Heilbron en Petrus Steyn is net na 15:00 vanmiddag weer oopgemaak vir verkeer, na ‘n tweede botsing vanoggend hier plaasgevind het terwyl opruimingswerk nog gedoen is van ‘n grusame botsingstoneel wat gister op dié pad gebeur het.

Die eerste botsing was Dinsdagmiddag omstreek 17:00 toe die band van ‘n vragmotor  van ‘n siviele  ingenieursmaatskappy vermoedelik gebars, en die voertuig by ‘n laagwaterbrug die pad verlaat het. Die vragmotor het swaar toerusting vervoer.

Een van die insittendes van die vragmotors is op die toneel oorlede, en die ander insittende is met minder ernstige beserings van die toneel vervoer.

Daar was nie ander voertuie in die botsing betrokke nie.

Omstreeks 10:30 het ‘n Kia bakkie egter met ‘n polisievoertuig gebots wat op die toneel was waar steeds opgeruim is vanoggend, Woensdag 1 Maart.. Die bestuurder van die Kia bakkie is met ernstige beserings per ambulans van die toneel vervoer.

Related Articles

Back to top button