Jy kan al die bruggie sien

Nog n sluis sal vanoggend om 10:00 by Vaaldam toegemaak word. Dit sal beteken dat daar dan nog 7 sluise oop sal wees. Uitvloei by Bloemhofdam word om 09:00 verminder na 3 000 kubieke meter per sekonde en dan na 2 800 kubieke meter per sekonde om 12:00. Vaaldam is tans 111,2% vol en Bloemhofdam …

Nog n sluis sal vanoggend om 10:00 by Vaaldam toegemaak word. Dit sal beteken dat daar dan nog 7 sluise oop sal wees.

Uitvloei by Bloemhofdam word om 09:00 verminder na 3 000 kubieke meter per sekonde en dan na 2 800 kubieke meter per sekonde om 12:00.

Vaaldam is tans 111,2% vol en Bloemhofdam 106,7%.

Die watervlak van die Vaalrivier het vanoggend 26 Februarie om 06:00  3542 meter by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel gemeet nadat dit oor die 5m by die bruggie n week gelede gemeet is.

Die laagwaterbruggie is  nou al sigbaar maar steeds nie oop vir verkeer nie. Watervloei by die laagwaterbrug het vanoggend op  2004,8 kubieke meter per sekonde gemeet.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button