Die roetes en brue is onder water

Ernstige waarskuwing:  Bly weg uit die rivier en van die rivieroewer. Die Vaalrivier is in vloed en talle laagwaterbrue en paaie is reeds onder water. Daar word verwag dat die watervlak nog verder gaan styg. Maak seker jy hou jou kinders weg van die water.

Mense word ernstig gewaarsku dat die Vaalrivier se watervlak steeds styg en nog water word verwag. Daar is nou reeds 12 sluise oop by Vaaldam en dit reën steeds onophoudelik. 

Daar is tans 12 sluise oop by Vaaldam, riviere en spruite loop sterk,  en talle laagwaterbrue en paaie is reeds onder water.

Suikerbos loop die hoogste in 13 jaar.

Die situasie word deurentyd deur nooddienste gemonitor wat op gereedheidsgrondslag is.

 

So het dit vroeg Saterdagmiddag 18 Februarie by die parkie by die ingang na die Parys Golf & Country Estate gelyk en nog water is op pad. 

Die S44 tussen Heilbron en Deneysville.

Daar is nou 12 sluise oop by Vaaldam. Uitvloei by Bloemhofdam sal vanmiddag 18 Februarie om 15:30 verhoog word na 2 400 kubieke meter per sekonde. Oewereienaars stroomaf is gewaarsku. 

Let asseblief op die volgende

  • Die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is gesluit vir verkeer.
  • Die R34 – 10km buite Kroonstad in die rigting van Edenville is onder water
  • R76 tussen Kroonstad en Viljoenskroon is onder water
  • R59 buite Viljoenskroon is steeds onder water
  • Water oor die pad tussen Reitz en Tweeling is ook gerapporteer
  • S44 van Heilbron na Deneysville
  • Gedeelte van R500 tussen Fochville en Parys
  • R42 brug op die Lindequedrift-pad tussen die N1 en Vanderbijlpark is onder water.
  • Water loop reeds oor die laagwaterbrug na die Parys Golf & Country Estate en oor die staalbrug op die Vaal de Grace landgoed
  • Wees baie versigtig vir slaggate op die R59 tussen Sasolburg en Parys

Die R42 brug op die Lindequesdrift tussen die N1 en Vanderbijlpark is nou onder water. 

Die staalbrug op die Vaal de Grace-gholflandgoed net buite Parys

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button