Spog prestasie in Fisiese Wetenskap

Die vyfde plek onder die top 20 matrikulante van 2022 in die Dr Kenneth Kaun-da streek, behoort aan 'n Parysenaar, Mizelle Terre'Blanche.

Sy spog met sewe vakonderskeidings na afloop van die 2022 matriekeindeksamen, en het ook die topprestasie in die streek vir fisiese wetenskappe behaal.
Mizelle was dan ook onder die top matrikulante wat op 8 Februarie erkenning ontvang het vir hul prestasies tydens die Mayoral Matric Excellence Awards geleentheid wat by HTS Klerksdorp gehou is.

Die toekennings is deur Nikiwe Num, uitvoerende burgemeester van die Dr Kenneth Kaunda distriksmunisipaliteit, oorhandig. Mizelle se ouers, Muller en Gisella, het die geleentheid saam met haar bygewoon. Mizelle het haar hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom voltooi, en is tans besig met haar Associate in Cecchetti Ballet in Johannesburg. Sy is ook deel van die Suid-Afrikaanse span wat in Mei vanjaar sal deelneem aan die DanceStar World Dance Masters in Kroasië. Met voltooiing van haar Associate in Cecchetti, beoog Mizelle om oorsee te gaan dans.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button