Sport

Ringtennis-oefening begin weer

Die sport is pret vir oud en jonk

 

Ringtennisoefening begin weer vanmiddag, Dinsdag 10 Januarie om 17:00 by die NG-gemeente Parys-Oos se kerksaal.
Oefening is elke Dinsdag en Donderdag vanaf 17:00.
Ringtennis is ’n sport wat ewe veel pret as uitdaging bied en solank jy nog vlug van voet en oog is, is jy beslis nie té jonk, of té oud vir ringtennis nie.
Die sport word reeds vir ’n geruime tyd aktief in Parys gespeel.

Benewens die oefening wat die sport jou bied, is dit die ideale geleentheid om mense te ontmoet met weeklikse sosiale spel, en terselfdertyd ’n lekker wegbreek na ‘n lang dag se werk. Naas ’n paar tekkies, het jy niks meer nodig nie. Net die gewilligheid om te saam te kom speel.
Jy hoef ook nie ’n ervare speler te wees nie. Beginners en selfs kinders is baie welkom. Kom speel saam en kyk hoeveel pret daar is in dié sport.

Related Articles

Back to top button