Twee sterf en een ernstig beseer in N14 ongeluk

Die ongeluk het omstreeks 12:00 op die N14 tussen Carletonville en Klerkskraal plaasgevind.

‘n Man en ‘n dogtertjie is vanmiddag dood toe die motor waarin hulle gery het op die N14 tussen Carletonville en Klerkskraal met ‘n vragmotor gebots het. Nog ‘n vrou (24) wat saam met hulle in die motor was, is ook ernstig beseer. Die vrou het langs die motor gelê toe nooddienste van Noordwes Provinsie op die toneel aankom.

Sy is na Carletonville Hospitaal vir behandeling geneem.

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.

Die polisie op Klerkskraal ondersoek die voorval.

Die toneel van die ongeluk. Foto: ER24
Exit mobile version