Dis stikdonker in Parys

Meer as 11 ure sonder krag al

 

Die hele Parys is al sedert vanoggend sonder krag. En nou meer as 11 ure later is die dorp nog in donkerte gehul.

Talle foute op Ngwathe se kragnetwerk het daartoe gelei dat die Eskom-breker vanoggend uitgeskop het.

Eskom het in antwoord op Gazette se navraag vanoggend bevestig hulle kan nie die kragtoevoer  herstel, alvorens Ngwathe nie die foute op sy netwerk herstel het nie. Daar is ook weer benadruk dat die munisipaliteit al voorheen in kennis gestel is dat die koste van herstelwerk aan enige van Eskom se infrastruktuur wat sou skade lei weens foute op die munisipale netwerk, deur die munisipaliteit betaal sal moet word.

Die foto van ‘n stikdonker Parys is deur ‘n leser geneem.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button