Sport

Die ringe rol by Gauteng-Sentraal kragmeting

Ringtennis is ‘n sport wat ewe veel pret as uitdaging bied en solank jy nog vlug van voet en oog is, is jy beslis nie té jonk, of té oud vir ringtennis nie.

Parys-ringtennisklub spelers het Saterdag saam met spelers van Parke-ringtennisklub van Vanderbijlpark, Sedibeng by die Gauteng-Sentraal kampioenskappe verteenwoordig. Die kampioenskappe is in Alberton gehou.
Parys se ringtennisspelers het die ringe behoorlik laat rol.
Die uitslae was as volg:
Sedibeng A – 32
Gaauteng-sentraal – 16
Sedibeng B – 20
Gauteng Sentraal B – 12.
Kom speel saam:
Ringtennis is ‘n sport wat ewe veel pret as uitdaging bied en solank jy nog vlug van voet en oog is, is jy beslis nie té jonk, of té oud vir ringtennis nie.
Benewens die oefening wat die sport jou bied, is dit die ideale geleentheid om mense te ontmoet met weeklikse sosiale spel en terselfdertyd ‘n lekker wegbreek na ‘n lang dag se werk. Naas ‘n paar tekkies, het jy niks meer nodig nie. Net die gewilligheid om saam te kom speel.
Jy hoef nie ‘n ervare speler te wees nie. Beginners en selfs kinders is baie welkom.
Maak ‘n draai wanneer daar geoefen word op Dinsdae en Donderdae om 17:00 in die kerksaal by die NG gemeente Parys-Oos

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button