Reese skitter op die netbalbaan

Ewe talentvol op die netbalbaan as op die muurbalbaan

Reese Thompson, Parysenaar en skolier van Oranje Meisieskool in Bloemfontein, is deel van haar skool se eerste netbalspan wat in die Suid-Afrikaanse netbal skoletoernooi geseëvier het teen die land se bestes, en uiteindelik met die goue medalje kon wegstap.


Reese, wat in die Parys gemeenskap meer bekend is vir haar skitterende muurbalprestasies, het in haar matriekskooljaar besluit om haar muurbalraket tydelik neer te sit om op haar akademie te fokus, min wetend dat netbal haar vanjaar na nog hoër hoogtes sou neem.
Reese het tydens die Julie-skoolvakansie ook as kaptein van die Vrystaat Cheetahs netbalspan aan die Telkom SA’s in Witbank deelgeneem.
Haar span beklee tans die nr. 1 posisie op die Suid-Afrikaanse ranglys vir skole-netbal.

Reese Thompson (voor) wat ook haar talent op die netbalbaan gewys het.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version