Ten spyte daarvan dat beide Hoërskool Parys se o.14 en 0.15 rugbyspanne vandag in die Noordvaal semi-finaal hul wedstryde verloor het, was dit ‘n baie goeie seisoen vir hierdie spelers waarop hulle kan terugkyk met trots. Hulle het hul alles gegee.
Die 0.14’s het vandag 17-12 teen Allen Glen in Johannesburg verloor, terwyl Parys se o.15-span op hul tuisveld verloor het met ‘n eindtelling van 19-14 teen Hoërskool Patriot van Witbank.
Dankie aan al die ouers, ondersteuners en afrigters wat hierdie spelers die seisoen ondersteun en aangemoedig het.