Sport

Dit was ‘n goeie rugbyseisoen vir Parys

Ons is trots Parys!

Ten spyte daarvan dat beide Hoërskool Parys se o.14 en 0.15 rugbyspanne vandag in die Noordvaal semi-finaal hul wedstryde verloor het, was dit ‘n baie goeie seisoen vir hierdie spelers waarop hulle kan terugkyk met trots. Hulle het hul alles gegee.

Die 0.14’s het vandag 17-12  teen Allen Glen in Johannesburg verloor, terwyl Parys se o.15-span op hul tuisveld verloor het met ‘n eindtelling van 19-14 teen Hoërskool Patriot van Witbank.

Parys Hoër se o.14-rugbyspan. DIe foto is vanoggend geneem.
Parys se 0.15’s na hul laaste wedstryd vir die seisoen vanoggend, Saterdag 13 Augustus.

Dankie aan al die ouers, ondersteuners en afrigters wat hierdie spelers die seisoen ondersteun en aangemoedig het.

 

Related Articles

Back to top button