Parys se 0.15’s Saterdag hier op hul tuisveld in aksie

Parys is trots op julle!

Komende Saterdag, 13 Augustus, speel beide Hoërskool Parys se o.14- en o.15-rugbyspanne in die Noordvaal semi-finaal ná hul skitterende vertoning verlede naweek in Pietersburg op die rugbyveld.
Die skool se o.14-span het verlede naweek die span van Northern Academy in Polokwane met ‘n telling van 36-7 gewen, terwyl die o.15’s met ‘n telling van 38-12 gewen het.
Die o.14-span speel komende Saterdag 13 Augustus teen Allen Glen in Roodepoort om 08:00, en die o.15’s teen Hoërskool Patriot van Witbank op Parys se tuisveld om 11:00.

Parys se o.15 rugbyspan wat Saterdag op hul tuisveld speel.
‘Hoërskool Parys se o.14 rugbyspan.

Kom ondersteun ons seuns wat die seisoen Parys se naam hoog gehou het op die rugbyveld. Toegang is gratis. Kom ons wys hierdie seuns Parys staan agter hulle!

Exit mobile version