Spog prestasies vir VS spanne by interprovinsiale muurbaltoernooie

Baie geluk aan hierdie spelers

Die o.13 SACF-span waarvan Vivienne van der Schyff van Parys deel was, het as trofee-wenners weggestap na afloop van die interprovinsiale muurbaltoernooi in Port Elizabeth.

Die o.19 SACF A-span eindig tweede in die A-afdeling. Carla Viljoen van Parys was deel van die span. Hulle het in Kaapstad aan die interprovinsiale toernooi deelgeneem.

Die o.14 seunsspan waarvan Louis-Henry du Plessis en Nico Rust van Parys deel was, het vir die eerste keer in 17 jaar met die wentrofee weggestap by vanjaar se interprovinsiale muurbaltoernooi in Potchefstroom.

Die o.11-seuns het ’n tweede plek by die interprovinsiale muurbaltoernooi in George behaal. Hanno Rust van Parys was deel van dié span wat met die prestasie kon spog.

Die o.11 dogters het 3de geeindig.

Exit mobile version