“Ouma het ‘n groot gebedslaer”

Dankie vir almal wat vir tannie Dawn gebid het

Die Voortrekkers se geliefde tannie Dawn Rall, is Dinsdag 26 Julie, uit die intensiewe sorgeenheid van die Durbanville Medi Clinic, na ‘n algemene saal oorgeplaas en gaan dit sommer heelwat beter met haar. Sy moet nou net haar kragte herwin en kan sy moontlik reeds Vrydag ontslaan word, het haar dogter, Karin van Wyk, vanoggend gesê.

“Ek wil uit my hart uit vir almal dankie sê vir almal se gebede en ondersteuning. Ouma het ‘n groot gebedslaer,” het Karin vanoggend met ‘n baie dankbare hart na ‘n week van op en af tye by die hospitaal gesê.

Die gemeenskap van Parys waarvan tannie Dawn soveel jaar al deel is, en Parys se Voortrekkerkommando het saam vir tannie Dawn die afgelope paar dae gebid vir beterskap nadat sy ernstig siek was, want vir Parys se Vories is tannie Dawn so deel van Voortrekker-wees soos wat kamp vir elke Voortrekker is.

Related Articles

Back to top button