Maree-hokke se duiwe vlieg voor in Aliwal Noord-vlugte

Maree-hokke het die afgelope naweek weer die leisels styf vasgevat vir die Aliwal-Noord vlugte

Maree-hokke het die afgelope naweek weer die leisels styf vasgevat vir die Aliwal-Noord vlugte, en kon in die ope-vlug die eerste vier posisies inpalm, asook die 8ste, 9de 15de en 16de posisies.
Sys van Rooyen-hokke het ook ‘n goeie vlug gehad met die 5de, 6de, 19de en 20ste posisies.
Johan Aspeling se duiwe het die 7de 10de, 11de, 12de, 13de 14de en 18de posisies ingeneem, met Jodaan-hokke 17de.
Ses en sestig duiwe het aan die vlug deelgeneem.
Die Aliwal-Noord Jaaroud-vlug is ook gewen deur Maree-hokke met Johan Aspeling se duiwe net ‘n kortkop agter in die tweede posisie.
Die res van die vluguitslae was as volg:
Sys van Rooyen-hokke – 3de, 4de, 5de, 7de, 8ste, 9de en 14de.
Johan Aspeling – 6de, 10de, 18de, 19de en 20ste
Maree-hokke – 11de, 13de, 15de en 21ste
Jordaan-hokke – 12de
Jack Venter-hokke – 16de, 17de.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version