Hokkie-koors kraai koning by Parys Primêr

Hokkie-koors kraai koning by Parys Primêr

Op Saterdag 23 Julie het 55 leerders die koue
aangedurf om hul hokkie vaardighede te
verbeter by ’n gratis hokkie-kliniek wat deur Parys Primêre skool aangebied is vir belangstellendes.
Die leerders het afrigting ontvang by mnr. Stian van Dyk, voormalige Protea-hokkiespeler wat ook baie afrigting en
skeidsregter ervaring het.
Die vaardighede wat geleer is sal handig te pas kom op die hokkieveld.
Die dogters en afrigters het die dag baie geniet en daar is beslis baie geleer.

Exit mobile version