Sy kan jou vertel van epidemies tot legendes oor voortvlugtiges

Tannie Bettie se 100ste verjaardag is met ’n tee-geselligheid by Najaarsrus gevier.

Vandag, Maandag 11 Julie, is tannie Bettie Theron van Parys ’n eeu oud, en is daar min van wat die afgelope 100 jaar in die land en haar dorp gebeur het, waarvan sy jou nie kan vertel nie. Of dit nou van die Spaanse griep, Covid en Phizer, of die legendariese stories oor Willem Goosen se vele ontsnappingspogings is.
Só onthou sy soos gister dat g’n tronktralies dié bedrewe inbreker kon binne hou tussen 1929 en 1969 nie. Sy liefde vir vuurwapens was goed bekend en so ook dat hy nie gehuiwer het om hulle te gebruik as hy vasgekeer is nie.
Volgens die legende het Goosen in 1954 as voortvlugtige ‘n vakansiehuis in Parys gehuur saam met nog ‘n voortvlugtige, Jan van Vreden. Van Vreden is in ‘n skietgeveg met die polisie dood toe hulle hier vasgetrek is, maar Goosen het weggekom. Hy is in die been gewond, maar toe tog gearresteer toe hy later na die vakansiehuis teruggegaan het.
Tannie Bettie se pa, Stoffel le Roux, het die skietery op Goosen beleef waar hy as munisipale amptenaar aan die dorp se hoofstraat gewerk het, en Goosen weggekruip het in die bloekombos naby die ou begraafplaas langs die dorp se hoofstraat.
Op 23-jarige ouderdom, ná haar troue, trek tannie Bettie en haar man uit Parys. Met die Goosen-voorval was sy egter by haar ouers in die dorp in afwagting op die geboorte van haar vyfde kind.
Tannie Bettie is ’n gebore en getoë Parysenaar. Haar geboorte in 1922 was vier jaar na die Groot Griep en onthou sy hoe haar ma vertel het van hoe baie siek geword het van die griep in die koue wintersmaande van 1917/18.
Dit was die laaste jaar van die Eerste Wêreldoorlog en die ekonomie het nog gesteier om te herstel na die gesukkel met die oorlog, konsentrasiekampe en gewldige armoede. Daar was ‘n tekort aan dokters en gesondheidswerkers in die land en baie moes tuis versorg word. So vinnig soos wat die siekte in Durban “aangeland” en versprei het, so skielik het dit ook weer verdwyn maar nie voordat dit ‘n pad van verwoesting deur die land sou loop nie.
Verstommend egter is die ooreenkomste tussen die Spaanse Griep en die Covid-19 pandemie wat tannie Bettie ook beleef het. So knap voor 100 was sy een van die bejaardes by die tehuis wat die Pfizer-entstof teen Covid-19 ontvang het.

Haar ouers het destyds op die perseel langs Pula Build-it gebly.
Die grond tussen Dolf-, Father Balink-, Schilbach- en Promenade strate het twee burgererwe ingesluit, en onthou sy hoe die ingang van die Najaarsrus tehuis soos inwoners dit vandag ken, destyds ‘n tweespoor paadjie was tussen die wonings van die eertydse landdros van Parys, mnr. Van Zyl, en skoolhoof van die Hoërskool, mnr. Van Huyssteen.
Laasgenoemde se huis was waar die hoofgebou van Najaarsrus vandag is.
Tannie Bettie vertel dat dit aanvanklik regeringsgrond was wat deur die destydse munisipaliteit onteien is weens agterstallige gelde, en toe in 1965 geskenk is vir die ontwikkeling van ‘n aftreeoord in Parys.
Tannie Bettie en haar man, Gawie, het in 1987 teruggetrek na Parys en hier kom aftree. In 2007 het hulle inwoners van Najaarsrus geword waar sy vandag steeds ’n inwoner is. Oom Gawie is egter in 2009 oorlede.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button