Diesel weggedra toe tenkwa omslaan

Diesel is vanoggend 6 Julie om 06:45 eenvoudig weggedra deur gemeenskapslede in Maokeng, Kroonstad, nadat ‘n dieseltenkwa omgeslaan het. Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder in die Fezile Dabi-distrik, was ‘n 28-jarige man van Durban na Schweizer-Reneke in Noordwes onderweg, toe hy by Kroonstad beheer oor die tenkwa verloor en dit omgeslaan het. Polisielede was onmiddellik …

Diesel is vanoggend 6 Julie om 06:45 eenvoudig weggedra deur gemeenskapslede in Maokeng, Kroonstad, nadat ‘n dieseltenkwa omgeslaan het.

Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder in die Fezile Dabi-distrik, was ‘n 28-jarige man van Durban na Schweizer-Reneke in Noordwes onderweg, toe hy by Kroonstad beheer oor die tenkwa verloor en dit omgeslaan het. Polisielede was onmiddellik op die toneel om hulp te verleen en het die bestuurder van die tenkwa  ligte beserings opgedoen. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Maokeng-inwoners het egter na die toneel gestroom en begin om die diesel weg te dra. Toe die polisie wou ingryp by die onwettige diefstal van die diesel, is daar klippe na die polisie gegooi. Lede van die polisie se Openbare Orde Polisiëringseenheid van Welkom se hulp is ingeroep.

Brig. Mapulane Mbeloane, waarnemende distrikskommissaris van die polisie in die Fezile Dabi-distrik het in reaksie op die voorval gesê dit is hartverskeurend om te sien hoe gemeenskapslede selfs hul eie lewens in gevaar stel op ‘n ongelukstoneel  waar daar ‘n potensiële brandgevaar is, en dat selfs kinders by die onwettige dade betrokke is. Die voorval is ten sterkste veroordeel.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button